Die president het meer tyd nodig om ons land se probleme op te los – Brigalia Bam
Die voormalige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Brigalia Bam, het vroeër vanjaar tydens ‘n perskonferensie gesê dat Suid-Afrika ‘n nuwe politieke stelsel benodig.
“Ek dink Suid-Afrika moet kyk na ’n gemengde stelsel waar van die mense verantwoordbaar is aan die kiesers. Nou het ons ’n ding waar mense verantwoordbaar is aan die party,” het Bam gesê.
Jan Gerber het verslag gelewer vir Netwerk24 oor Bam se toespraak by die Kaapstadse Persklub, waar sy verduidelik het waarom die president ‘n langer tydperk nodig het om verandering teweeg te bring.
Lees die artikel:
“My eie argument is dat op ’n vasteland waar ons probleme het – veral ná oorloë – het mense ’n bietjie meer tyd nodig (om dienslewering in werking te stel),” het Bam gesê.
“Ek sê aan Suid-Afrikaners: Miskien moet ons dit heroorweeg, ’n aanvoorprogram instel, miskien begin by munisipale verkiesings, want dit is waar die probleme is.”
Boekbesonderhede
- Democracy – More Than Just Elections deur Brigalia Bam
EAN: 9780992232931
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!
» read article