Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

KMM Review Publishing

@ Sunday Times Books LIVE

Die president het meer tyd nodig om ons land se probleme op te los – Brigalia Bam

Democracy - More Than Just ElectionsDie voormalige voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Brigalia Bam, het vroeër vanjaar tydens ‘n perskonferensie gesê dat Suid-Afrika ‘n nuwe politieke stelsel benodig.

“Ek dink Suid-Afrika moet kyk na ’n gemengde stelsel waar van die mense verantwoordbaar is aan die kiesers. Nou het ons ’n ding waar mense verantwoordbaar is aan die party,” het Bam gesê.

Jan Gerber het verslag gelewer vir Netwerk24 oor Bam se toespraak by die Kaapstadse Persklub, waar sy verduidelik het waarom die president ‘n langer tydperk nodig het om verandering teweeg te bring.

Lees die artikel:

“My eie argument is dat op ’n vasteland waar ons probleme het – veral ná oorloë – het mense ’n bietjie meer tyd nodig (om dienslewering in werking te stel),” het Bam gesê.

“Ek sê aan Suid-Afrikaners: Miskien moet ons dit heroorweeg, ’n aanvoorprogram instel, miskien begin by munisipale verkiesings, want dit is waar die probleme is.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment