Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

KMM Review Publishing

@ Sunday Times Books LIVE

Justice Malala: “Ons moet ophou praat en begin dóén”

Let Them Eat Cake“Ons is ’n verdeelde nasie. Ons sit gehurk in ons laers terwyl ons mekaar beledigings toeslinger,” skryf Justice Malala, politieke kommentator en outeur van Let Them Eat Cake.

Hy pleit by Suid-Afrikaners om te onthou dat ons saam in hierdie bootjie is: “Ons is saam in die ding en ons beter begin praat en planne in werking stel. Anders is ons in die moeilikheid. Óf ons werk saam deur die huidige onbehaaglikheid óf ons sink saam.”

Malala maan, “Ons moet ophou praat en begin dóén”. Met doen verwys hy daarna dat die landsburgers konstruktief en produktief te werk moet gaan om te verhoed dat hul eendag saam moét staan en toekyk hoe die land brand. “Hiervoor is nodig dat almal – die sakesektor, werkers, swart en wit, die regering en die burgerlike samelewing – saamkom en die sosiale kontrak herbou wat ons in 1994 gesluit het.”

Ons is ’n verdeelde nasie. Ons sit gehurk in ons laers terwyl ons mekaar beledigings toeslinger.

Die politieke deurbraak van die 1990’s is aan ’t kwyn. Die wonderbaarlike reënboognasie het verhard.

Die armes is kwaad en honger. Die rykes is bitter en skuil agter hul elektriese heinings.

Óf ons werk om die sosiale kontrak te herstel wat ons in 1994 opgetrek het, óf ons skreeu op mekaar terwyl ons land brand.

Die onrus word meer. Die politieke klas, wat so volmaak deur Nkandla versinnebeeld word, is besig om gulsig te verorber.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment